Thursday, 02 June 2011

Tee

Die post dedicate ek aan my mammie :) my ma glo tee maak alles beter.   Ons het haar altyd gespot maak nie saak wat gebeur nie, ons stop eers en maak 'n koppie tee.  As ek by hulle gaan kuier en ek loop in die huis in moet ek eers die ketel aan sit voor ek hello se.  my ma het my mooi getrain om lekker tee te kan maak.  
Sy het verlede jaar November n baie groot brein operasie gehad, hulle het 'n gewas uit gehaal.   Iets wat ek altyd sal onthou en naby my hart sal bly is toe my ma begin wakker word het na die operasie, erken sy almal dadelik, toe sy vir my sien kyk sy vir my in my oë en sê.....waar is my tee.   Ek het geweet my mams is ok :) 
Altyd as ek my ma verlang drink ek tee, nie dat sy ver van my af bly nie, daar's n comfort in tee, partykeer voel mens net beter as jy dit klaar gedrink het, nou dat ek getroud en ouer is verstaan ek die comfort in tee. Ek dink nie vir my gaan dit  regtig oor die tee nie,  dalk net omdat dit my aan my ma herhiner :) lief vir jou mams die blog post is spesiaal vir jou!


No comments:

Post a Comment