Sunday, 04 September 2011

Die Here se guns!

Lekker lui sondag in die De Jager huishouding of altans vir my Gerhard prep vir sy preek venaand!  Die laaste tydjie in my lewe was baie moeilik ek was in 'n winter seison.  As mens in winter is sien mens altyd net die negatiewe en seer,  Ek sit op ons sitkamer bank luister na Jason Upton en ervaar net weer eens vandag die Here se goedheid en guns in my en Gerhard se lewe!  Ons het 'n massive bloed rooi muur in ons huis om ons te remind dat die Here well voorsien!  Ekt altyd gese as ek eendag in my eie huis bly wil ek 'n rooi muur he, die Here het op 'n baie random manier voorsien vir ons rooi muur!  Gerhard se Laptop het so paar weke terug geCRASH al ons fotos al sy werk ALLES was weg ons het baie lank gebid dat die Here vir hom sal seen met 'n Mac Laptop 13inch en DIE HERE HET VOORSIEN (en hy het al sy data en ons fotos terug gekry)!  Ek besef net daars breakthrough's wat ek nodig het in my lewe wat ek die Here al soooo lank al voor vertrou maar hoe die Here voorsien het die Laaste tyd voel ons sooo spoild! dit gaan nie net oor dat Gerhard 'n Mac gekry het nie die  Here het voorsiening gemaak vir ons om meer tyd saam te he omdat die Mac ongelooflik vinnig is en sy werk tye halveer!  En vandag ek was vanoggend in trane in worship tyd by die kerk iemand het vir Gerhard gese hulle wil hom graag bless met 'n vol tenk petrol! WOW WOW WOW almal het petrol nodig :) maar om te weet dat ons het nie eers daarvoor gevra nie en die Here bless ons en voorsien vir ons net omdat Hy lief is vir ons en dat hy kan!  Die laaste tyd het ek vir die Here gevra om vir my te wys Hy is daar en dat hy well vir ons voorsien Hy het my kom verras om die coolste manier ooit!
Mag ons almal gehoorsaam wees om regtig by die Here te hoor waar ons mense kan bless!  Ek was so gehumble oor die Here se voorsiening vandag!  Ek en Gerhard is so blessed!

gebless met voltenk petrol
die Here se liefde, guns en voorsiening sal ons altyd ervaar!


No comments:

Post a Comment